Santiago de Chile
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Chili |
Provinsie | Santiago |
Koördinate | 33°27′S 70°40′W / 33.450°S 70.667°W |
Gestig op | 12 Februarie 1541 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 641 vk km |
Hoogte bo seevlak | 570 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2017) | 6 269 384 |
- Metropolitaanse Gebied | 6 903 479 |
- Bevolkingsdigtheid | 9 821/vk km |
Tydsone | UTC -4 (CLT) |
Somertyd | UTC -3 (CLST) |
Burgemeester | Claudio Orrego Larraín |
Amptelike webwerf | gobiernosantiago.cl |
Santiago de Chile (Spaans: [san̪ˈtja.ɣo ðe ˈtʃi.le]) is die hoofstad, ekonomiese sentrum en grootste metropolitaanse gebied van Chili, wat met sowat ses miljoen inwoners veertig persent van die land se bevolking huisves. Die stad lê in die sentrale vallei van Chili en maak in administratiewe opsig deel uit van die Metropolitaanse Gewes van Santiago. Alhoewel Santiago as regeringsetel fungeer, is Valparaíso die wetgewende hoofstad van die land.
Ná drie dekades van ononderbroke ekonomiese groei het Santiago tot een van die modernste metropole in Latyns-Amerika ontwikkel, wat met uitgestrekte voorstede, tientalle winkelsentrums en 'n indrukwekkende sentrale besigheidsdistrik met baie wolkekrabbers spog. Die stad beskik oor 'n hoogs moderne infrastruktuur, wat onder meer 'n moltreinstelsel insluit, en is die hoofkwartier van 'n groot aantal nasionale en internasionale maatskappye. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1962.
Galery
[wysig | wysig bron]-
Palacio de La Moneda
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Santiago de Chile.
- (en) Toerisme-inligting oor Santiago de Chile op Wikivoyage
- (es) Amptelike webwerf