Gaan na inhoud

Latyns-Amerika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Latyns-Amerika

Kaart van Latyns-Amerika

Oppervlakte 21 069 501 km²
Bevolking 561 200 000
Lande 20
Afhanklike gebiede 10
BBP $2,26 miljard (Wisselkoers)
$4,5 miljard (Koopkragpariteit)
Tale Spaans,
Portugees,
Frans,
Haïtiaanse Kreools,
Quechua,
Aymara,
Nahuatl,
Mayathan,
Guaraní,
Italiaans,
Engels,
Duits,
Wallies,
Nederlands,
Mapudungun,
Kantonees,
Japannees en baie ander
Tydsone UTC -2:00 (Brasilië) tot UTC -8:00 (Meksiko)
Grootste stede 1. Meksikostad
2. São Paulo
3. Buenos Aires
4. Rio de Janeiro
5. Lima
6. Bogotá
7. Santiago de Chile
8. Caracas
9. Guadalajara
10. Monterrey
11.Havana
12.Santo Domingo

Latyns-Amerika (Portugees en Spaans: América Latina; Frans: Amérique Latine) is die streek van die Amerikas waar hoofsaaklik Romaanse tale wat afkomstig is van Latyns (in besonder Spaans en Portugees) gepraat word. Latyns-Amerika staan in teenstelling met die minder bekende term Anglo-Amerika, die streek van die Amerikas is waar Engels allesbeheersend is.

Definisie

[wysig | wysig bron]
'n Landskaart van Latyns-Amerika
Die belangrikste inheemse tale in Latyns-Amerika:
██ Aymara ██ Guaraní ██ Mapudungun ██ Mayathan ██ Nahuatl ██ Quechua

Daar is etlike definisies van Latyns-Amerika waarvan geen perfek of noodwendig logies samehangend is nie:

  • In die mees algemene alledaagse gebruik verwys Latyns-Amerika net na die gebiede van die Amerikas waar Spaans of Portugees heers: Meksiko, die grootste deel van Sentraal- en Suid-Amerika, insluitende Kuba, die Dominikaanse Republiek en Puerto Rico in die Karibiese See.
  • Tegnies gesproke, verwys Latyns-Amerika na al daardie lande en gebiede in die Amerikas waar Romaanse tale (d.w.s. tale wat afkomstig van Latyns is en van daar die naam Latyns-Amerika) gepraat word: Spaans, Portugees en hul kreole. Hierdie was inderdaad die oorspronklike bedoeling toe die term deur die Franse geskep is. Dit sou dan die voormalige Franse kolonies soos Quebec in Kanada, Haïti, Martinique en Guadeloupe in die Karibiese See en Frans-Guyana in Suid-Amerika insluit.
  • Die voormalige Nederlandse kolonies Suriname, die Nederlandse Antille en Aruba word nie gewoonlik as deel van Latyns-Amerika gesien nie, alhoewel in die geval van die twee laasgenoemdes, die hoofsaaklik Iberies-onbeïnvloede taal Papiaments gepraat word deur die meerderheid van die bevolkings.
  • Somtyds, veral in die Verenigde State, verwys die term Latyns-Amerika na die res van die Amerikas suid van die VSA, insluitende lande soos Belize, Jamaika, Barbados, Trinidad en Tobago, Guyana en Suriname waar nie-Romaanse tale heers.
  • In historiese opsig kan Latyns-Amerika inderdaad gedefinieer word as al daardie dele van die Amerikas wat eens deel van die Spaanse of Portugese (en betwisbaar ook die Franse) Ryke was. Dus sal baie van die VSA se suidweste asook Florida (en ook Frans-Louisiana) deur hierdie definisie gedek word.
  • Ten slotte moet genoem word dat die skeiding tussen Latyns- en Anglo-Amerika, en meer algemeen die benadruk van Europese herkoms, die feit dat daar baie areas in die Amerikas (b.v. die hoëlande van Peru of Guatamala) is waar nie-Europese kulture en tale steeds belangrik is, sowel as die invloed van Afrikakulture in ander streke (b.v. die Karibiese see, insluitend dele van Kolombië, Venezuela en die kus van Brasilië) agterstel.

Woordstam

[wysig | wysig bron]

Amérique latine was oorspronklik 'n politiese term wat deur die Franse keiser Napoleon III geskep is. Hy het Amérique latine en Indo-China as doele vir die uitbreiding gedurende sy bewind genoem. Terwyl die term hom gehelp het om aanspraak te maak op hierdie gebiede, het dit uiteindelik daardie dele van die Amerikas omvat waar Romaanse tale gepraat is wat aanvanklik deur nedersetters van Spanje, Portugal en tot 'n mindere mate Frankryk gedurende die vyftiende en sestiende eeue. Die alternatiewe woordstam wys Michel Chevalier uit, wie die term in 1836 genoem het.[1]

In die Verenigde State was die term nie gebruik voor die 1890's nie, en dit het eers 'n algemene beskrywing van die streek geword in die vroeë twintigste eeu. Voorheen was Spaans-Amerika die meer algemeen gebruik.[2]

Deesdae is Latyns-Amerika 'n uitdrukking gelykstaande aan Latyns-Europa en bedui 'n eergevoel van supernasionalisme wat groter is as daardie wat bedui word deur staatskap of nasieskap. Hieride supernasionale identiteit word uitgedruk deur gesamentlike initiatiewe en organisasies, soos die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies. Dit is belangrik om te let dat terme soos Latyns-Amerika, Latynse mense, Latino en Hispanies van mekaar verskil.

Baie mense in Latyns-Amerika praat nie tale van Latynse herkoms nie, maar inboorlingtale of tale wat deur immigrasie meegebring is. Daar is ook 'n ineensmelting van kulture van Latynse herkoms met inheemse en Afrika-kulture wat volg tot 'n onderskeid relatief tot die kulture van Europa wat van Latynse herkoms.

Quebec, ander Franssrepekende gebiede in Kanada en die Verenigde State soos Acadia, Louisiana, Saint-Pierre en Miquelon en ander gebiede noord van Meksiko word gebruiklik uitgesluit van hierdie sosiopolitiese definisie van Latyns-Amerika, ten spyte daarvan dat hulle noemenswaardige of allesoorheersende bevolkings het wat tale van Latynse herkoms praat, deels te danke daaraan dat hierdie gebiede nie as soewereine state bestaan nie of dat hulle geografies geskei is van die res van Latyns-Amerika. Frans-Guyana word wel somtyds ingesluit, in weerwil van sy status as 'n aanhang staat van Frankryk. Party lande in die streek waar daar nie tale van Latyns herkoms gepraat nie, word nietemin aangedui as "Latyns-Amerikaanse" lande, soos wat die geval is vir Surinam (waar Nederlands gepraat word) en Belize en Guyana, wat beide Engels as die amptelike taal het.

Soos hierbo aangeraak, word die term Ibero-Amerika somtyds gebruik om te verwys na die nasies wat voormalige kolonies van Spanje en Portugal was, omdat hierdie twee lande in die Iberiese skiereiland geleë is. Die Organisasie van Ibero-Amerikaanse Lande (OEI) gaan een stappie verder met hierdie definisie deur Spanje en Portugal (wat dikwels die Moeder Lande van Latyns-Amerika genoem word) onder sy ledestate in te sluit.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. In sy Lettres sur l'Amèrique du Nord
  2. (en) "Latin American". Besoek op 15 Julie 2006.
Gebiede van die Wêreld

Afrika

Noord (Midde-Ooste)  · Suid van die Sahara (Sentraal · Suider · Wes · Oos)

Amerikas

Noord · Sentraal · Karibiese Gebied) · Suid · Latyns

Asië

Sentraal · Oos · Noord-Asië (Verre-Ooste) · Suid (Indiese subkontinent) · Suidoos · Suidwes (Midde-Ooste)  · Wes

Europa

Sentraal · Noord · Suid · Wes · Oos

Oseanië

Australasië (Australië · Seeland) · Melanesië · Mikronesië · Polinesië

Poolgebiede

Noordpoolgebied · Antarktika

Oseane

Arktiese · Atlantiese · Indiese · Stille · Suidelike

Seë

Oorsig van Seë

Sien ook Kontinente van die wêreld