Shanghai Hongqiao Internasionale Lughawe
Shanghai Hongqiao Internasionale Lughawe Shànghǎi Hóngqiáo Guójì Jīchǎng | |||
---|---|---|---|
IATA: SHA – ICAO: ZSSS | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Operateur | Shanghai Lughaweowerheid | ||
Bedien | Shanghai | ||
Ligging | Changning-distrik, Shanghai | ||
Spil vir | China Eastern Airlines Juneyao Airlines Shanghai Airlines Spring Air | ||
Hoogte bo seevlak | 3 m / 9 vt | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
18L/36R | 3 400 | Teer | |
18R/36L | 3 400 | Beton | |
Statistieke (2021) | |||
Passasiers | 33 207 337 | ||
Lugbewegings | 231 261 | ||
Vrag (metrieke ton) | 383 405 | ||
Bron: airport web site[1] |
Shanghai Hongqiao Internasionale Lughawe (IATA: SHA, ICAO: ZSSS) (Chinees: 上海 虹桥 国际 机场) is die belangrikste binnelandse lughawe wat Shanghai bedien, met beperkte internasionale vlugte. Dit is geleë naby die dorp van Hongqiao in Changning-distrik, 13 kilometer wes van die stadsentrum, maar nader aan die stad as Pudong, Shanghai se belangrikste internasionale lughawe.
Hongqiao Lughawe is 'n middelpunt vir China Eastern Airlines, Shanghai Airlines, Juneyao Airlines en Spring Airlines. In 2014 het Hongqiao Lughawe 37 960 200 passasiers hanteer, 'n toename van 21,3% teenoor 2011, wat dit die vierde besigste lughawe op die vasteland van China en die 21-besigste in die wêreld maak.[2] Die lughawe was ook China se vyfde besigste lughawe in terme van die vragverkeer en die sewende besigste volgens lugbewegings. Teen die einde van 2011 het 22 rederye passasiervlugte onderneem na 82 geskeduleerde bestemmings na en van Hongqiao Lughawe.[3]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Konstruksie aan die Hongqiao-lughawe het in 1921 begin. In Mei 1923 het die lughawe vir gemengde burgerlike gebruik geopen. Die Chinese Lugmag het aanvalsvegvliegtuie na Hongqiao ontplooi in 'n operasionele reaksie op die Shanghai-voorval van 1932, en het daardie dag vir die eerste keer skermutselings met Japannese vliegdek-gebaseerde vliegtuie gehad.[4]
Die militêre gebruik daarvan het voortgegaan nadat dit aan die regering van die Republiek van China en later die regering van die Volksrepubliek China oorhandig is. ’n Groot uitbreiding het van Maart tot September 1984 plaasgevind, en nog een van Desember 1988 tot Desember 1991.
Internasionale era
[wysig | wysig bron]In 1964 is die oorspronklike Terminaal 1 en die beheertoring vir die publiek oopgestel; die terminaal is geheel en al deur die Chinese self gebou en was gevorderd vir sy tyd, toegerus met baie moderne geriewe.
Teen die middel-1960's het Air France[5] en Lufthansa[6] albei direk vanaf Phnom Penh begin diens lewer; hulle het dit egter nie lank daarna nie opgeskort. In 1972 is die lughawe deur die Amerikaanse president Richard Nixon met 'n Air Force One besoek voordat hy na Peking gevlieg het tydens sy besoek aan China.
In 1974 het Japan Airlines diens vanaf Hongqiao na Haneda begin. In 1979 het CAAC Airlines met dienste vanaf Hongqiao na Nagasaki begin met 'n Boeing 707-vliegtuig, en teen 1985 is 'n Trident[7] vir slegs twee vlugte per week gebruik.
In die 1990's het baie meer buitelandse lugrederye die lughawe begin bedien vergeleke met die vorige dekade.[8]
Binnelandse era
[wysig | wysig bron]Die lughawe bied tans hoofsaaklik binnelandse vlugte aan. Sedert 1 Januarie 2013 het houers van geldige paspoorte wat deur 45 lande uitgereik is nie 'n visum nodig as hulle deur die Hongqiao-lughawe reis nie.
Ter voorbereiding vir die Shanghai Expo op 16 Maart 2010, het die Hongqiao-lughawe 'n vyf-jaar uitbreidingsprojek van 15,3 miljard yuan voltooi.
Vanaf die einde van 2014 het Hongqiao Lughawe Terminaal 1 sy grootste opknapping sedert 1921 ondergaan. Die hele projek was geskeduleer vir voltooiing in 2017.[9] Op 26 Maart 2017 is Gebou A van Terminaal 1 volledig opgeknap en heropen vir die publiek.
Internasionale vlugte is op 25 Maart 2020 opgeskort weens die Covid-19-pandemie. Vanaf 25 Maart 2020 was alle vlugte vanaf die lughawe slegs binnelands na ander stede op die vasteland van China. Internasionale vlugte is op 26 Maart 2023 vanaf die lughawe hervat.[10]
-
Hongqiao-lughawe in Januarie 1966 met 'n CAAC Ilyushin Il-18, kort voor die Kulturele Revolusie.
-
'n Boeing 707 van TWA by Shanghai Hongqiao-lughawe in Maart 1980.
-
Terminaal 2 vertreksaal
-
'n Jimmy Choo winkel in Terminaal.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Sjanghai Lughaweowerheid
- ↑ ACI releases World Airport Traffic Report 2010
- ↑ "zh:民航局与上海市人民政府在沪签战略合作协议" (in Chinees en as u dit kan lees). Carnoc. 6 April 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2018.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link) - ↑ 航空知识 (3 September 2020). "从陈应明航空画中忆英雄风采!抗战胜利75周年,我们从未忘记". 澎湃号·媒体.
1932年"1·28"事变爆发后,中国派出9架各型军机调往上海虹桥机场增援,并与当日与日本发生空战,但战斗双方都无损失.
- ↑ "Air France and the Pearl of the Orient | Air France – Corporate". corporate.airfrance.com. Besoek op 15 September 2022.
- ↑ "Airline Maps: Photo". Besoek op 15 September 2022.
- ↑ "1985/86: CAAC Network". Routes (in Engels (VK)). Besoek op 15 September 2022.
- ↑ (en) "World Routes 25: 2009 Host Beijing Network in Nov 1995". Routes. Besoek op 15 September 2022.
- ↑ (en) Yang, Jian (31 Oktober 2014). "Airport renovation biggest since it opened in 1921". Shanghai Daily. Besoek op 25 April 2017.
- ↑ Kelly, Ned (24 Maart 2023). "Shanghai Hongqiao Airport Resumes International Flights". That's mag. Besoek op 26 Maart 2023.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |