Sinkhidroksied
Algemeen | |
---|---|
Naam | Sinkhidroksied |
Chemiese formule | Zn(OH)2 |
Molêre massa | 99,39 [g/mol] [1] |
CAS-nommer | 20427-58-1[1] |
Voorkoms | wit of liggrys poeier[1] |
Fasegedrag | |
Fase | ε-Zn(OH)2; wülfingiet. |
Selkonstantes | a = 490,5(3)pm; b = 5143(4)pm; c = 847,3(2)pm[2] |
Ruimtegroep | P212121 |
Nommer | 19 |
Strukturbericht | C31 |
Fase | γ-Zn(OH)2 |
Selkonstantes | a=2307pm; b=804pm; c=330pm[3] |
Ruimtegroep | Imm2 |
Nommer | 44 |
Smeltpunt | 125 °C [1] |
Kookpunt | |
Digtheid | 3,05 [g/cm3][1] |
Oplosbaarheid | swak oplosbaar;[1] |
Ksp | 3 x 10-17[4] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Sinkhidroksied is 'n basis van sink met formule Zn(OH)2.
Van hierdie hidroksied is verskeie modifikasies bekend, waarvan drie in die natuur as mineraal aangetref word: sweetiet,[5] ashoveriet[6] en wülfingiet.[7]
Kristalstrukture
[wysig | wysig bron]ε-Zn(OH)2, die wülfingietfase, is die stabiele fase en kristalliseer in 'n ortorombiese kristalstruktuur wat die argetipe van die C31-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.[8] Dit is afgelei van die ideale β-kristobaliet-struktuur (C9 in die strukturbericht-klassifikasie). β-Be(OH)2 het dieselfde struktuur. Die struktuur is op 'n verwronge kubiese digpakking van suurstof gebaseer, waarin een kwart van die tetraëderholtes met sinkatome gevul is. Die gevulde tetraëders is effens gedraai sodat waterstofbindings tussen hulle moontlik is.
Die β, γ, δ vorms is nie stabiel nie. Die struktuur van die γ-vorm is ortorombies en bestaan uit ZnO4-tetraëders wat hoekpunte deel en 'n ringstruktuur met drie eenhede vorm. Die ringe is gestapel in die [001] rigting deur hoekpunte te deel.[3]
Onder hoë drukke tussen 1,1 en 2,1 GPa word 'n tetragonale kristoballietagtige fase gevorm, waarskynlik met een van die twee enantiomere ruimtegroepe P41212 (#92) of P43212 (#96). Die oorgang behels 'n rotasie van die starre ZnO4-tetraëders. Bo 2,1 GPa vind nog 'n oorgang plaas wat moontlik van die tweede orde is, maar die simmetrie is nie bekend nie. Onder die kombinasie van hoë druk en hoë temperatuur is nog ander fases gevind. [9]
Chemiese eienskappe
[wysig | wysig bron]Eenkristalle van ε-Zn(OH)2 is verkry deur sinkmetaal in 'n oplossing van ammoniak elektrochemies te oksideer.
Sinkhidroksied is 'n amfoteriese hidroksied. Sy oplosbaarheid in water word beheers deur die ewewigte:
Die ewewigskonstantes is gemeet:[10]
T (°C) | Kspx1017 | K1x1011 | K2x1017 | K3x106 | K4x102 |
---|---|---|---|---|---|
12,4 | 1,42 | 1,12 | 1,66 | 1,12 | 5,70 |
25,0 | 1,74 | 2,54 | 2,62 | 1,32 | 6,47 |
50,0 | 2,34 | 7,70 | 7,02 | 2,56 | 7,92 |
75,0 | 3,16 | 20,2 | 15,0 | 2,74 | 8,99 |
Gebruike
[wysig | wysig bron]Sinkhidroksied is 'n aktiewe katalisator vir α-selektiewe oordrag van allielgroepe van allielboronaatreagense na aldehiede.[11]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "Cobalt Hydroxide". American elements.
- ↑ R. Stahl, C. Jung, H.D. Lutz, W. Kockelmann, H. Jacobs. "Kristallstrukturen und Wasserstoffbrückenbindungen bei β-Be(OH)2 und ϵ-Zn(OH)2". Zeitschrift für anorganische und allgemeine Chemie. 624 (7): 1130–1136.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ 3,0 3,1 A. Nørlund Chirstensen (1969). "The Crystal Structure of γ-Zn(OH)". Acta Chemica Scandinavica. 23: 2016–2020.
- ↑ "Ksp list". SolubilityofThings.
- ↑ "Sweetite". mindat 3846.
- ↑ "Ashoverite". mindat 453.
- ↑ "Wülfingite". mindat 4317.
- ↑ "Wülfingite (ε-Zn(OH)2, C31) Structure: A2B2C_oP20_19_2a_2a_a-001". Aflow.
- ↑ Hannah Shelton · Madison C. Barkley · Robert T. Downs · Ronald Miletich·Przemyslaw Dera (2016). "Hydrogen bond effects on compressional behavior of isotypic minerals: high‑pressure polymorphism of cristobalite‑like Be(OH)2". Phys Chem Minerals. 43: 571–586. doi:10.1007/s00269-016-0818-5.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ RANDY A. REICHLE, KEITH G. MCCURDY, AND LOREN G. HEPLER (1975). "Zinc Hydroxide: Solubility Product and Hydroxy-complex Stability Constants from 12.5-75 "C". CAN. J. CHEM. VOL. 53.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ Fieser, L.F., Fieser, M., Ho, T.-L., Ho, T.-L., Fieser, M. and Fieser, L. (2013). "Zinc hydroxide. In Fieser and Fieser's Reagents for Organic Synthesis". doi:10.1002/9780471264194.fos11949.pub2.
{{cite journal}}
: Cite journal requires|journal=
(hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)