Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1933
Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1933 het op 17 Mei 1933 plaasgevind. Tydens die verkiesing is 150 verteenwoordigers vir die Volksraad van Suid-Afrika verkies. 'n Paar maande voor die verkiesing vorm die regerende Nasionale Party van generaal Barry Hertzog en die grootste opposisieparty, die Suid-Afrikaanse Party van generaal Jan Smuts, 'n koalisie. Hierdie koalisie verower uiteindelik 136 van die 150 setels. Na die verkiesing vorm Hertzog 'n kabinet wat uit lede van beide hierdie partye bestaan.
Afbakening van kiesafdelings
[wysig | wysig bron]Die Suid-Afrika-wet van 1909 maak voorsiening vir 'n Afbakeningskommissie om die grense van die kiesafdelings te definieer. Die verteenwoordiging per provinsie, onder die sesde verslag van 1932, word in die tabel hieronder uiteengesit. Die syfers in hakies is die aantal kiesafdelings in die vorige (1928) afbakening. As daar geen syfer tussen hakies is nie, het die aantal onveranderd gebly.[1]
Provinsies | Kaap | Natal | Oranje-Vrystaat | Transvaal | Totaal |
---|---|---|---|---|---|
Kiesafdelings | 61 (58) | 16 (17) | 16 (18) | 57 (55) | 150 (148) |
Uitslag
[wysig | wysig bron]Daar was 957 636 geregistreerde kiesers, meer as dubbeld in vergelyking met die vorige verkiesing, terwyl 323 417 mense uiteindelik gestem het (bedorwe stemme ingesluit).[2]
Party | Setels[3] | Setels % | Stemme[4] | Stem % | Leier |
Nasionale Party | 75 | 50,00 | 101 159 | 31,61 | J. B. M. Hertzog |
Suid-Afrikaanse Party | 61 | 40,67 | 71 486 | 22,34 | Jan Smuts |
Onafhanklikes | 10 | 6,67 | 87 321 | 27,29 | – |
Roos Party | 2 | 1,33 | 27 441 | 8,58 | Tielman Roos |
Arbeidersparty | 2 | 1,33 | 20 276 | 6,34 | Walter Madeley |
Home Rule Party | – | – | 12 328 | 3,85 | – |
Totaal | 150 |