Tibeto-Birmaanse tale
Voorkoms
Tibeto-Birmaanse tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Oos-, Suidoos- en Suid-Asië: |
Genetiese klassifikasie: |
Sino-Tibettaans Tibeto-Birmaanse tale |
Onderafdelings: |
Sien kaart hieronder
|
Verspreiding van Tibeto-Birmaanse tale: |
Die Tibeto-Birmaanse tale vorm die nie-Chinese tak van die Sino-Tibettaanse tale met omtrent 456 tale wat deur sowat 70 miljoen mense gepraat word. Hulle word veral in Oos-, Suidoos- en dele van Suid-Asië (Himalaja-streek) gepraat.
Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Birmaans (32 miljoen), Meitei (1,5 miljoen), Bodo (1,3 miljoen), Newari (1,3 miljoen), Tibettaans (1,2 miljoen, insluitende Dzongkha), Garo (1,1 miljoen), Kokborok (1 miljoen) en Mizo (830 846). Baie Sino-Tibettaanse tale word deur klein gemeenskappe in afgeleë berggebiede gepraat en is weinig gedokumenteer. Die oudste bevestigde Tibeto-Birmaanse taal is Pai-lang uit die derde eeu, gevolg deur Tibettaans en Birmaans.
-
Verspreiding van die Tibeto-Birmaanse tale in die Volksrepubliek China in oranje (suidweste)
-
Verspreiding van die Tibeto-Birmaanse tale in Mianmar in oranje en rooi
-
Verspreiding van die Tibeto-Birmaanse tale binne die tale van Suid-Asië in oranje (noorde en ooste)
Bronne
[wysig | wysig bron]- (en) Bradley, David (1997). "Tibeto-Burman languages and classification". In Bradley, David (red.). Tibeto-Burman languages of the Himalayas. Papers in South East Asian linguistics. Vol. 14. Canberra: Pacific Linguistics. pp. 1–71. ISBN 978-0-85883-456-9.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Tibeto-Birmaanse tale. |
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Tibeto-Burman". Ethnologue. Besoek op 18 Maart 2021.
- (en) "Tibeto-Burman languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 18 Maart 2021.