Vaalkorhaan
Vaalkorhaan | |
---|---|
In die Kamdeboo- Nasionale Park | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. vigorsii
|
Binomiale naam | |
Heterotetrax vigorsii (Smith, 1831)
| |
benaderde verspreiding, die Nama-Karoo | |
Sinonieme | |
Eupodotis vigorsii |
Die vaalkorhaan (Heterotetrax vigorsii) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël wat tot die wildepoufamilie (Otididae) behoort. Dit is endemies aan halfwoestyn van die westelike deel van Suid-Afrika en aanliggende suidelike Namibië. In Duits en Engels staan dit onderskeidelik as Namatrappe en Karoo korhaan bekend, aangesien dit grootliks tot die Nama-Karoo beperk is.
Subspesies
[wysig | wysig bron]Daar is twee subspesies, naamlik die nominaatras in die suid- en suidoostelike streke, en H. v. namaqua (Roberts, 1932), van noordwestelike Suid-Afrika en suidelike Namibië.[2]
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vaalkorhaan leef in 'n verskeidenheid halfdorre habitatte wat die karoo en ander droeë struikveld-habitatte insluit. Dit is ook teenwoordig in effens digter struikveld waar plante van 10 tot 50 cm hoog aan hulle skuiling bied. In die Wes-Kaap is 'n klein bevolking ook in karoo-agtige fynbos teenwoordig.[2]
Fisiese kenmerke
[wysig | wysig bron]Die voël is sowat 60 cm (56 – 62 cm) in lengte en weeg van 1,1 tot 2 kilogram. Mannetjies is groter en swaarder, en weeg gemiddeld 1,6 kg teenoor wyfies wat 1,35 kg weeg. Die kop-, nek- en borsvere van die nominaatsubspesie is grysbruin, die kenvere swart en keelvere met wit omsoom. Die pensvere is rosig wit, en die vlerkvere bruin. Die wyfie lyk soos die mannetjie behalwe dat haar keel minder swart geveerd is. Die nek en bors van subspesie E. v. namaqua is gryser vergeleke met die nominaatsubspesie.[2]
Voeding
[wysig | wysig bron]Vaalkorhane is omnivories, maar plantmateriaal vorm die grootste komponent. Blomme, vrugte, blare en knolle word gevreet. In besonder is die blomme van plante in die Asteraceae (madeliefies), Brassicaceae en Mesembryanthemaceae (vygies) seisoenaal belangrik.[2]
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
'n Eier van die vaal-korhaan in die Wiesbadenmuseum -
Vaalkorhaankuiken begelei deur 'n volwassene in !Karas, Namibië
-
'n Illustrasie van die volwassene deur C.G. Finch-Davies
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron
[wysig | wysig bron]- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ BirdLife International (2012). "Eupodotis vigorsii". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 Collar, N. & Kirwan, G.M. (2017). Karoo Bustard (Heterotetrax vigorsii). In: del Hoyo, J., Elliott, A., Sargatal, J., Christie, D.A. & de Juana, E. (reds.). Handbook of the Birds of the World Alive. Lynx Edicions, Barcelona. (besigtig te http://www.hbw.com/node/53724 op 3 Maart 2017).