Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/20 Julie
Voorkoms
- 1810 – Colombia word onafhanklik van Spanje verklaar.
- 1969 – Die Apollo 11-ruimtetuig land op die maan en Neil Armstrong word die eerste mens wat op die maan loop.
- 1987 – Apartheid - Die groep Afrikaanse Suid-Afrikaners wat tydens die Dakar-beraad met die ANC vergader het, word op die Jan Smuts-lughawe in Johannesburg deur die AWB ingewag.
- 1989 – Die Mianmarese menseregte-aktivis Aung San Suu Kyi word deur die regering in huisarres geplaas.
- 2005 – Oorlede: James Doohan, die akteur wat die rol van Scotty in Star Trek vertolk het.