Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/23 Maart
Voorkoms
23 Maart: Nasionale Dag in Pakistan (1956)
- 1801 – Tsaar Aleksander I bestyg die Russiese troon nadat sy pa vermoor is.
- 1852 – Gebore: Alfred Milner, goewerneur van die Kaapkolonie en lid van die Britse kabinet.
- 1919 – Benito Mussolini stig die Fascistebeweging in Milaan, Italië.
- 1996 – Lee Teng-hui word verkies tot president van die Republiek China in die eerste direkte presidensiële verkiesing in Taiwan.
- 2011 – Oorlede: Elizabeth Taylor, Brits-Amerikaanse aktrise.