Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/3 Maart
Voorkoms
3 Maart: Bevrydingsdag in Bulgarye (1878); Hinamatsuri in Japan.
- 1431 – Gabriel Condulmer word pous Eugenius IV.
- 1845 – Florida word deel van die Verenigde State.
- 1878 – Met die Verdrag van San Stefano, wat die Russies-Turkse Oorlog beëindig, word Bulgarye 'n selfregerende prinsdom binne die Ottomaanse Ryk.
- 1918 – Rusland teken die Verdrag van Brest-Litofsk en beëindig sy deelname aan die Eerste Wêreldoorlog, wat lei tot onafhanklikheid vir Finland, Estland, Letland, Litaue en Pole.
- 1983 – Georges Remi, 'n Belgiese strokiesverhaalskrywer en -kunstenaar, beter bekend onder sy skuilnaam Hergé, sterf.