Wjatka
Voorkoms
Wjatka | |
---|---|
Die Wjatka by Kirof, Rusland | |
Die stroomgebied van die Wjatka | |
Oorsprong | Kama-heuwels, Oedmoertië, Rusland |
Monding | by Nisjnekamsk, Tartarstan Kamarivier |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 1 314 km (816 myl) |
Gemiddelde afloop | 890 m³/s (31 000 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 129 000 km² (50 000 myl²) |
Kaart van die Wjatka-bekken in Europa
|
Die Wjatka (Russies: Вя́тка, [ˈvʲatkə]; Tartaars: Нократ, Noqrat; Mari: Виче, Viče, Oedmoerts: Ватка, Vatka) is die tweede grootste sytak van die Kamarivier, die langste linkersytak van die Wolga in die Europese deel van Rusland. Dié rivier, met 'n lengte van 1 314 km (816 myl), ontspring in die Kama-heuwels in die Oedmoertië-republiek, net wes van die Kamarivier se bron. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordelike rigting en bereik die Kirof-oblast. Hier vloei die Wjatka in 'n suidwestelike rigting deur Kirof en maak later 'n boog in 'n suidoostelike rigting. By Nisjnekamsk in die Tartarstan-republiek mond dié rivier in die Kamarivier uit.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wjatka.