Gaan na inhoud

Yster(II)bromied

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

Naam Yster(II)bromied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule FeBr2
Molêre massa 215,65 [g/mol][1]
CAS-nommer 7789-46-4[1]  
Voorkoms donkergeel vastestof[1]  
Reuk Reukloos [1]
Fasegedrag  
Selkonstantes a=377 pm; a=622 pm[2]  
Ruimtegroep P3m1[2] 
Nommer 164  
Strukturbericht C6
Smeltpunt 684 °C[1]
Kookpunt 937 °C[1]
Digtheid 4.63 g/mL at 25 °C [3]
Oplosbaarheid oplosbaar[1]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt nie-brandbaar

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Yster(II)bromied is 'n sout van yster in sy +2 oksidasietoestand en waterstofbromied met die formule FeBr2.

Kristalstuktuur

[wysig | wysig bron]

Yster(II)bromied kristalliseer in die CdI2-tipe struktuur. (C6[4] in die strukturbericht-klassifikasie) Dit is 'n gelaagde FeBr2-toebroodjiestruktuur met die ysteratome reg bo mekaar. Die stof is antiferromagneties en wys ongewone metamagnetiese gedrag. Dit ondergaan 'n faseoorgang onder 'n eksterne magneetveld van ~30kOe in die rigting van die c-as loodreg op die lae. Die spins in die lae is ferromagneties georden en die antiferromagnetiese ordening tussen die lae is swak vanweë die toebroodjiestruktuur en kan met 'n sterk veld deurbreek word. Die stof is 'n Mott-isolator.[2]

Chemiese eienskappe

[wysig | wysig bron]

Broom reageer met vogtige yster en vorm hierdie bromied, maar dit reageer gewoonlik verder om die yster(III)bromied te vorm. 'n Beter metode is die reaksie van ysterpoeier met HBr, opgelos in metanol onder 'n stikstofatmosfeer. Dit vorm 'n dimetanoladduk wat teen 160°

C onder laer druk die watervrye FeBr2 vorm. Die stof is higroskopies en vorm hidrate.[5]

Yster(II)bromied is 'n organiese katalitiese reagens wat in 'n paar organiese sinteses gebruik word:[5]

  1. Die vorming van C-C bindings (koppeling) tussen twee molekules (of inwendig) waarvan die een 'n alkielhalied is en die ander óf 'n Grignardreagens of 'n eindstandige arielalkyn.
  2. Die vorming C-O bindings. Dit koppel ureum met alkohole of diole.
  3. Die vorming van C-S bindings deur tioësters te reageer met aldehiede of metielarene. Hier vword egter TBHP bygevoeg wat die yster se oksidasietoestand verander na 3+.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 "MSDS". Fisher. Besoek op 16 September 2023.
  2. 2,0 2,1 2,2 Youn, Seunggyu & Sahu, Bhagawan & Kim, Kwang (2001). "Large Orbital Magnetic Moment and Coulomb Correlation effects in FeBr2". Physical Review B. 65. doi:10.1103/PhysRevB.65.052415.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. "sds". sigma aldrich.
  4. "ω (C6) Phase: AB2_hP3_164_a_d". Aflow.
  5. 5,0 5,1 Gallo, E. and Intrieri, D. (2018). Iron(II) Bromide. In Encyclopedia of Reagents for Organic Synthesis. doi:10.1002/047084289X.rn02188.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)