Olimpiese Somerspele 1904
Spele van die IIIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1904 (Engels: 1904 Summer Olympics), amptelik bekend as die Spele van die IIIde Olimpiade, is in 1904 in St. Louis, Missouri, Verenigde State, as deel van die Wêreldtentoonstelling gehou. Die Wêreldtentoonstelling is ter geleentheid van die Louisiana Purchase se 100-jarige jubileum een jaar later in St. Louis gehou. Die spele is oorspronklik aan Chicago toegeken, maar die Internasionale Olimpiese Komitee het later met 14 stemme teen 2 besluit om die Spele na St. Louis te skuif.[4][5]
Dit was die eerste keer dat spele buite Europa gehou is, dit was ook die eerste spele wat in 'n Engelstalige land gehou is.[6] Atlete van buite die Verenigde State het aan slegs 42 items meegeding. Tydens die spele is vir die eerste keer goue medaljes uitgereik.
Sporte
wysig16 Olimpiese sportsoorte in 95 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 96 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
- Atletiek (25)
- Boks (7)
- Boogskiet (6)
- Fietsry (7)
- Gewigoptel (2)
- Gholf (2)
- Gimnastiek (11)
- Lacrosse (1)
- Roei (5)
- Roque (1)
- Skermsport (5)
- Sokker (1)
- Stoei (7)
- Tennis (2)
- Toutrek (1)
- Watersport
- Basketbal, Hurling, Amerikaanse voetbal en Bofbal is as demonstrasiesporte aangebied. Waterpolo word in die speleverslae van die Olimpiese Somerspele 1904 genoem, maar is tans nie in die IOK se medaljedatabank ingesluit nie en word terugwerkend ook deur die IOK as 'n demonstrasiesport beskou.
Stadions
wysigVyf sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1904 gebruik:
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Creve Coeur Lake | Roei | Nie gelys nie |
Francis Field | Boogskiet, Atletiek, Fietsry, Sokker, Gimnastiek, Lacrosse, Roque, Tennis, Toutrek, Gewigoptel en Stoei | 19 000 |
Francis Gymnasium | Boks, Skermsport | Nie gelys nie |
Forest Park | Sierduik, Swem, Waterpolo | Nie gelys nie |
Glen Echo Country Club | Gholf | Nie gelys nie |
Deelnemende nasies
wysigHier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
- Australië (2)
- Duitse Keiserryk (17)
- Frankryk (1)
- Griekeland (15)
- Hongarye (4)
- Kanada (54)
- Kuba (3)
- Oostenryk (1)
- Suid-Afrika (8)
- Switserland (1)
- Verenigde Koninkryk (3)
- Verenigde State (543)
- Gemengde span (8)
Daarbenewens vermeld sommige bronne deelnemende atlete van die volgende nasies:
Suid-Afrikaanse deelname
wysig- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Suid-Afrika op die Olimpiese Spele.
Die Spele was die eerste waar die latere Suid-Afrika verteenwoordig is, hoewel die Unie van Suid-Afrika eers op 31 Mei 1910 gestig is. Die Suid-Afrikaanse span het aan die maraton en toutrek-items deelgeneem, maar het geen medaljes verower nie. Aan die toutrek-wedstryde het vyf Boere deelgeneem, wat tydens die Wêreldtentoonstelling in St. Louis gewerk het. By die marathon het Bertie Harris van die Boere, benewens Len Taunyane en Jan Mashiani van die Tswanas deelgeneem. Hulle het ook aan die heruitvoering van die Tweede Vryheidsoorlog tydens die Wêreldtentoonstelling deelgeneem. Tydens die apartheidsjare is die deelname van albei swart atlete meestal verswyg en net die blanke atleet is genoem.
Getal medaljes
wysigHier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | 543 | 79 | 82 | 76 | 237 |
2 | Duitse Keiserryk (GER) | 17 | 4 | 5 | 7 | 16 |
3 | Kuba (CUB) | 3 | 4 | 2 | 3 | 9 |
4 | Kanada (CAN) | 54 | 4 | 1 | 1 | 6 |
5 | Hongarye (HUN) | 4 | 2 | 1 | 1 | 4 |
6 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 3 | 1 | 1 | 0 | 2 |
Gemengde span (ZZX) | 8 | 1 | 1 | 0 | 2 | |
8 | Griekeland (GRE) | 15 | 1 | 0 | 1 | 2 |
Switserland (SUI) | 1 | 1 | 0 | 1 | 2 | |
10 | Oostenryk (AUT) | 1 | 0 | 0 | 1 | 1 |
Totaal (10 NOKs) | 651 | 96 | 92 | 92 | 280 |
Sien ook
wysig- Olimpiese Winterspele 1932 in Lake Placid
- Olimpiese Somerspele 1932 in Los Angeles
- Olimpiese Winterspele 1960 in Squaw Valley
- Olimpiese Winterspele 1980 in Lake Placid
- Olimpiese Somerspele 1984 in Los Angeles
- Olimpiese Somerspele 1996 in Atlanta
- Olimpiese Winterspele 2002 in Salt Lake City
- Olimpiese Somerspele 2028 in Los Angeles
Verwysings
wysig- ↑ "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
- ↑ "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 2 Maart 2018.
- ↑ "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
- ↑ "Past Olympic host city election results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
- ↑ (en) Stead, W. T. (1901). The Americanization of the World. Horace Markley. p. 341.
- ↑ (en) Christen, Barbara S.; Steven Flanders (November 2001). Cass Gilbert, Life and Work: Architect of the Public Domain. W. W. Norton & Company. p. 257. ISBN 978-0-393-73065-4.
- ↑ "Italy at the 1904 St. Louis Summer Games" (in Engels). Sports Reference. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op 2 Maart 2018.
- ↑ "Norway at the 1904 St. Louis Summer Games" (in Engels). Sports Reference. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op 2 Maart 2018.
- ↑ "Newfoundland at the 1904 St. Louis Summer Games" (in Engels). Sports Reference. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op 2 Maart 2018.
Verdere leesstof
wysig- (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
- (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
- (en) Bill Mallon (1999). The 1904 Olympic Games: Results for All Competitors in All Events, With Commentary. Jefferson: McFarland & Company. ISBN 0-7864-0550-3.
- (de) Karl Lennartz (1998). Die Spiele der III. Olympiade 1904 in St. Louis. Kassel: Agon-Sportverlag. ISBN 3-89784-259-9.
- (de) Volker Kluge (1997). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00715-6.
- (en) Charles J. P. Lucas (1905). The Olympic Games 1904 (PDF). St. Louis: Woodward & Tiernan.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Somerspele 1904. |
- (en) St Louis 1904 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1904
- (en) Olympics 1900 to 1920
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |