Olimpiese Somerspele 1968

Spele van die XIXe Olimpiade
Olimpiesespele van 1968

Gehou in Meksikostad, Meksiko
Deelnemende lande 112 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 5 516 (4 735 mans, 781 vroue)[1]
Items 172 in 18 sporte[2]
Openingseremonie 12 Oktober 1968
Sluitingseremonie 27 Oktober 1968
Amptelik geopen deur President Gustavo Díaz Ordaz[3]
Atlete-eed Pablo Lugo Garrido (atletiek)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam Enriqueta Basilio (atletiek)
Vorige Spele 1964: Tokio (Japan)
Volgende Spele 1972: München (Wes-Duitsland)

Die Olimpiese Somerspele 1968 (Spaans: Juegos Olímpicos de Verano de 1968), amptelik bekend as die Spele van die XIXde Olimpiade, is tussen 12 en 27 Oktober 1968 in Meksikostad, Meksiko, aangebied. Naas Meksikostad het Detroit, Buenos Aires en Lyon aansoek gedoen om die Spele te mag organiseer. Dit was die eerste Olimpiese Spele wat in 'n ontwikkelende land, Latyns-Amerika en 'n Spaanstalige land gehou is asook die eerste Spele waar meer as 100 nasies deelgeneem het.

Tommie Smith en John Carlos toon die Swartmag-saluut

Die beslissing van die Internasionale Olimpiese Komitee tydens sy kongres in Baden-Baden in 1963 om die Spele aan Meksikostad toe te wys, het vir heelwat onstuimigheid in die sportwêreld gesorg. Verskeie medici en afrigters vrees dat die hoë ligging van die stad dramatiese gevolge kan hê. Onni Niskanen, die Sweedse afrigter van Abebe Bikila beweer selfs dat atlete kan sterf. As gevolg van die beslissing doen wetenskaplikes navorsing oor die probleem. Daar word bevind dat dissiplines waar uithouvermoë belangrik is, nie normaal kon verloop nie as gevolg van 'n suurstofgebrek. Naellopers, daarteen sou baat vind by die verlaagde lugweerstand. Daar word voorgestel dat atlete 'n lang aanpassingsperiode gegun word om by die omstandighede aan te pas. Uiteindelik verloop die Spele sonder enige ernstige mediese insidente.

1968 was die jaar van die studentenrewolusies, en dit was ook die geval in Meksiko. Voor die begin van die Spele vind 'n studenteopstand in Meksiko plaas om wêreldwye aandag op die klimaat in Meksiko te vestig. Die regering bring hierdie opstand hardhandig tot 'n einde, wat onder andere lei tot die Bloedbad van Tlatelolco. Verder was daar nog 'n ander probleem wat die Spele ontwrig het: Die Afro-Amerikaanse atlete begin 'n protesbeweging in die Olimpiese dorp teen die rassediskriminasie waarvan hulle in hul eie land slagoffers was. 'n Insident vind tydens die medaljeseremonie na die 200 meter plaas. Tommie Smith en John Carlos, onderskeidelik eerste en derde, staan tydens die speel van die Amerikaanse volkslied met gebalde vuiste en geboë hoofde (die Swartmag-saluut). Na die voorval word die twee uit die Olimpiese dorp geskop.

Die Olimpiese Winterspele 1968 is in Grenoble, Frankryk, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1968 is tussen 4 en 13 November in Tel Aviv, Israel, gehou.

Toewysing

wysig
 
Lopez Mateos, president van Meksiko en voorsitter van dié land se organisiekomitee
 
Fakkel van die Olimpiese Somerspele 1968 in Meksikostad

Meksikostad is op 18 Oktober 1963 in Baden-Baden deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1968. Ander kandidate was: Detroit, Buenos Aires en Lyon.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1968[4]
Stad Land Rondte 1
Meksikostad   Meksiko 30
Detroit   Verenigde State 14
Lyon   Frankryk 12
Buenos Aires   Argentinië 2

Sporte

wysig

18 Olimpiese sportsoorte in 172 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 174 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

Stadions

wysig
 
Die Estadio Olímpico Universitario in Meksikostad
 
Openingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1968
 
Die Tunisiese span tydens die openingseremonie
 
Sluitingseremonie van die Olimpiese Somerspele 1968

25 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1968 gebruik:

Stadion Sporte Kapasiteit
Agustín Melgar Olimpiese Velodrome Fietsry (baan) 3 000
Arena México Boks 16 236
Avándaro Gholfklub Ruitersport (driegangkampioenskap) Nie gelys nie
Campo Marte Ruitersport (dressuur, individuele spring) 7 885 (spring)
4 990 (dressuur)
Campo Militar 1 Moderne vyfkamp (perdry, hardloop) Nie gelys nie
Club de Yates de Acapulco Seilvaart Nie gelys nie
Estadio Azteca Sokker (eindstryd) 104 000
Estadio Cuauhtémoc (Puebla de Zaragoza) Sokker (groepuitdunne) 42 648
Estadio Jalisco (Guadalajara) Sokker (groepuitdunne) 56 713
Estadio Nou Camp (León) Sokker (groepuitdunne) 33 943
Estadio Olímpico Universitario Atletiek (insluitende 20 km en 50 km-lope), seremonies (opening/sluiting), Ruitersport (spanspring) 68 954
Fernando Montes de Oca Skermsportsaal Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport) 3 000
Francisco Márquez Olimpiese Bekken Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo 15 000
Arena Insurgentes Stoei 3 386
Teatro de los Insurgentes Gewigoptel 1 100
Juan de la Barrera Olimpiese Gimnasium Vlugbal 5 242
Juan Escutia Sportpaleis Basketbal, Vlugbal 22 370
Munisipale Stadion Veldhokkie 7 360
Nasionale Ouditorium Gimnastiek 12 450
Arena Revolución Vlugbal 1 500
Satellietkring Fietsry (pad) Nie gelys nie
Universiteitstad Swembad Waterpolo 4 993
Vicente Suárez Skietbaan Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet Nie gelys nie
Virgilio Uribe Roei en Kano-kursus Kanovaart, Roei 17 600
Zócalo Atletiek (maratonstart) Nie gelys nie

Kalender

wysig

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  SS  Sluitingseremonie
Datum Oktober
12
Sa
13
So
14
Ma
15
Di
16
Wo
17
Do
18
Vr
19
Sa
20
So
21
Ma
22
Di
23
Wo
24
Do
25
Vr
26
Sa
27
So
  Atletiek 1 4 4 7 6 5 2 7
  Basketbal 1
  Boks 11
  Fietsry 1 1 1 1 2 1
  Gewigoptel 1 1 1 1 1 1 1
  Gimnastiek 2 2 4 6
  Kanovaart 7
  Moderne vyfkamp 2
  Roei 7
  Ruitersport 2 1 1 1 1
  Seilvaart 5
  Sierduik 1 1 1 1
  Skermsport 1 1 1 1 1 1 1 1
  Skyfskiet 2 1 1 1 2
  Sokker 1
  Stoei 8 8
  Swem 2 4 3 3 3 4 4 3 3
  Veldhokkie 1
  Vlugbal 2
  Waterpolo 1
Totaal 0 2 5 6 9 13 10 17 20 14 5 12 8 16 34 1
Seremonies OS SS
Datum 12
Sa
13
So
14
Ma
15
Di
16
Wo
17
Do
18
Vr
19
Sa
20
So
21
Ma
22
Di
23
Wo
24
Do
25
Vr
26
Sa
27
So
Oktober

Deelnemende nasies

wysig

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

wysig
 
Kaart van deelnemende nasies in 1968:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Meksikostad

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek  Land  Deelnemers   Goud   Silwer   Brons Totaal
1   Verenigde State (USA) 357 45 28 34 107
2   Sowjetunie (URS) 312 29 32 30 91
3   Japan (JPN) 171 11 7 7 25
4   Hongarye (HUN) 167 10 10 12 32
5   Oos-Duitsland (GDR) 226 9 9 7 25
6   Frankryk (FRA) 200 7 3 5 15
7   Tsjeggo-Slowakye (TCH) 121 7 2 4 13
8   Wes-Duitsland (FRG) 275 5 11 10 26
9   Australië (AUS) 128 5 7 5 17
10   Verenigde Koninkryk (GBR) 225 5 5 3 13
11   Meksiko (MEX) 275 3 3 3 9

Verwysings

wysig
  1. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
  2. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 4 Maart 2018.
  3. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 4 Maart 2018.
  4. "Past Olympic host city election results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 4 Maart 2018.

Bronne

wysig
  • (en) David Miller: The Official History of the Olympic Games and the IOC: Athens to London 1894–2012. Mainstream Publishing, Edinburgh 2012, ISBN 978-1-84596-611-9
  • (en) Organizing Committee of the Games of the XIX Olympiad Mexico 1968: The Official Report of the Organizing Committee of the Games of the XIX Olympiad Mexico 1968, Volume 1: The Country. Meksikostad 1968. Part 1 (PDF; 15,0 MB), Part 2 (PDF; 18,1 MB)
  • (en) Organizing Committee of the Games of the XIX Olympiad Mexico 1968: The Official Report of the Organizing Committee of the Games of the XIX Olympiad Mexico 1968, Volume 2: The Organization. Meksikostad 1968. Part 1 (PDF; 16,4 MB), Part 2 (PDF; 18,8 MB)
  • (en) Organizing Committee of the Games of the XIX Olympiad Mexico 1968: The Official Report of the Organizing Committee of the Games of the XIX Olympiad Mexico 1968, Volume 3: The Games. Meksikostad 1968. Part 1 (PDF; 25,6 MB), Part 2 (PDF; 11,5 MB)

Verdere leesstof

wysig
  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (2000). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 3. Mexiko Stadt 1968 – Los Angeles 1984. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00741-5.

Eksterne skakels

wysig


Olimpiese Spele  

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030  • 2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.