Olimpiese Winterspele 1924
Ie Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 1924 (Frans: Les Jeux olympiques d'hiver de 1924), amptelik bekend as die Iste Olimpiese Winterspele, is tussen 25 Januarie en 5 Februarie 1924 in Chamonix-Mont-Blanc, Frankryk, aangebied. In 1921 stem die Internasionale Olimpiese Komitee in om 'n Internasionale Wintersportweek (Semaine des Sports d'Hiver) in 1924, dieselfde jaar as die Somerspele in Parys te hou.[2] Hierdie sportweek vind in Chamonix-Mont-Blanc, aan die voet van die Mont Blanc plaas, en was 'n reuse sukses. Daar word besluit dat dit voortaan elke vier jaar losstaande van die Somerspele aangebied sal word. Daarmee word die sportweek die Iste Olimpiese Winterspele.
Sporte
wysig6 Olimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.
- Bobslee (1)
- Nordiese ski (5)
- Tweekamp (1)
- Heg-en-steg-ski (2)
- Noorse kombinasie (1)
- Skansspring (1)
- Skaats
- Kunsskaats (3)
- Langbaanskaats (5)
- Ysbal (1)
- Yshokkie (1)
Deelnemende nasies
wysigHier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
- België (18)
- Finland (17)
- Frankryk (43)
- Hongarye (4)
- Italië (23)
- Joego-Slawië (4)
- Kanada (12)
- Letland (2)
- Noorweë (14)
- Oostenryk (4)
- Pole (7)
- Swede (31)
- Switserland (30)
- Tsjeggo-Slowakye (27)
- Verenigde Koninkryk (44)
- Verenigde State (24)
Getal medaljes
wysigHier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Noorweë (NOR) | 14 | 4 | 7 | 6 | 17 |
2 | Finland (FIN) | 17 | 4 | 4 | 3 | 11 |
3 | Oostenryk (AUT) | 4 | 2 | 1 | 0 | 3 |
4 | Switserland (SUI) | 30 | 2 | 0 | 1 | 3 |
5 | Verenigde State (USA) | 24 | 1 | 2 | 1 | 4 |
6 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 44 | 1 | 1 | 2 | 4 |
7 | Swede (SWE) | 31 | 1 | 1 | 0 | 2 |
8 | Kanada (CAN) | 12 | 1 | 0 | 0 | 1 |
9 | Frankryk (FRA) | 43 | 0 | 0 | 3 | 3 |
10 | België (BEL) | 18 | 0 | 0 | 1 | 1 |
Totaal (10 NOKs) | 237 | 16 | 16 | 17 | 49 |
Sien ook
wysig- Olimpiese Somerspele 1900 in Parys
- Olimpiese Somerspele 1924 in Parys
- Olimpiese Winterspele 1968 in Grenoble
- Olimpiese Winterspele 1992 in Albertville
- Olimpiese Somerspele 2024 in Parys
Verwysings
wysig- ↑ "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
- ↑ "Past Olympic Host City Election Results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.
Verdere leesstof
wysig- (en) David Wallechinsky (2005). The Complete Book of the Winter Olympics, Turin 2006 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-45-9.
- (de) Volker Kluge (1999). Olympische Winterspiele. Die Chronik. Chamonix 1924 – Nagano 1998. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00831-4.
- (en) Krüger, Arnd; Goksör, Matti; von der Lippe, Gerd; Mo, Kristian (1996). The History of the Olympic Winter Games. The Invention of a Tradition.
{{cite book}}
:|work=
ignored (hulp)
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Winterspele 1924. |
- (en) Chamonix 1924 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |