Tuisblad: Verskil tussen weergawes
Verander skakel na interessante brokkies. Soos bespreek op geselshoekie. Etiket: 2017-bronwysiging |
k Onnodig. Die skakels is reeds beskikbaar via Wikidata. Etiket: 2017-bronwysiging |
||
Lyn 175: | Lyn 175: | ||
[[Kategorie:Voorblad| ]] |
[[Kategorie:Voorblad| ]] |
||
<!-- Suid-Afrikaanse susterwiki's --> |
|||
[[nso:Letlakala_la_pele]] |
|||
[[tn:Main_Page]] |
|||
[[ts:Tlukankulu]] |
|||
[[ss:Likhasi_Lelikhulu]] |
|||
[[st:Leqephe_la_pele]] |
|||
[[ve:Hayani]] |
|||
[[xh:Iphepha_Elingundoqo]] |
|||
[[zu:Ikhasi_Elikhulu]] |
Huidige wysiging sedert 16:41, 29 September 2024
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Satan (Hebreeus: שָּׂטָן, sāṭān, Grieks: ὁ σατανᾶς of σατάν, ho satanas/satan, Arabies: الشَّيطان, asj-sjhaitan), ook bekend as die duiwel of as Lucifer in die Christendom, is 'n entiteit in die Abrahamitiese gelowe wat die mens verlei tot sonde of leuenagtigheid. In die Judaïsme word Satan beskou as 'n agent wat ondergeskik aan God is. Hy word gewoonlik beskou as 'n metafoor vir die yetzer hara, of "bose geneigdheid". In die Christendom en Islam word hy gewoonlik beskou as 'n gevalle engel of djien wat teen God gerebelleer het, hoewel God hom nogtans tydelike mag toelaat oor die gevalle wêreld en 'n skare demone. In die Koran is Sjaitan, ook bekend as Iblies, 'n entiteit wat van vuur gemaak is en uit die hemel gewerp is omdat hy geweier het om voor Adam te kniel en die mens se gedagtes vul met "bose voorstelle". 'n Figuur bekend as ha-satan ("die Satan") verskyn die eerste keer in die Hebreeuse Bybel as 'n hemelse aanklaer, ondergeskik aan god, wat die volk van Juda in die hemelse hof aankla en die lojaliteit van Jahweh se volgelinge toets. In die tussentestamentiese tydperk het die Satan, moontlik onder invloed van die Zoroastriese figuur Angra Mainjoe, ontwikkel in 'n kaadwillige entiteit met afstootlike eienskappe in opposisie met God. In die apokriewe Boek van Jubileë gee Jahweh die Satan (na wie as Mastema verwys word) mag oor 'n groep gevalle engele, of hulle nageslag, om mense uit te lok tot sonde en hulle te straf. Hoewel Genesis hom nie noem nie, identifiseer Christene die slang in die tuin van Eden as Satan. In die sinoptiese evangelies (Matteus, Markus en Lukas) lei Satan vir Jesus in die woestyn in versoeking en word hy geïdentifiseer as die oorsaak van siektes en verleiding. In Openbaring verskyn Satan as 'n groot vuurrooi draak, wat deur die aartsengel Migael verslaan en uit die hemel gewerp word. Hy word later vir duisend jaar vasgebind, maar word vir 'n kort ruk vrygelaat voordat hy finaal verslaan en in die poel van vuur en swael gegooi word. In die Middeleeue het Satan 'n minimale rol in die Christelike teologie gespeel en is hy vir komiese afwisseling in raaiseltoneelstukke gebruik. In die vroeë moderne tydperk het Satan se belangrikheid aansienlik toegeneem namate die geloof in besetenheid en heksery toegeneem het. In die tyd van die Verligting is die geloof in die bestaan van Satan gekritiseer deur denkers soos Voltaire. Die geloof in Satan het egter voortbestaan. Hoewel Satan gewoonlik as boos beskou word, glo sommige groepe anders. In tradisionele satanisme word Satan as 'n godheid beskou wat óf aanbid óf vereer word. In die Kerk van Satan is hy 'n simbool van deugdelike eienskappe en vryheid. Satan se verskyning word nooit in die Bybel beskryf nie, maar sedert die 9de eeu word hy dikwels in Christelike kuns uitgebeeld met horings, hoewe, harige bene en 'n stert. Hy is dikwels nakend en hou 'n getande vurk vas. Dié eienskappe kom van 'n verskeidenheid heidense gode, soos Pan, Poseidon en Bes. Satan verskyn gereeld in Christelike letterkunde, soos in Dante Alighieri se Inferno, in al die weergawes van die klassieke Faustverhaal, in John Milton se Paradise Lost en Paradise Regained, en in die gedigte van William Blake. Hy verskyn ook in rolprente en musiek en op televisie.
In die nuus
Het u geweet...
... dat daar een vlag is wat nooit gesalueer of gestryk word nie? Op 20 Julie 1969 het Neil Armstrong en Buzz Aldrin 'n Amerikaanse vlag op die maan geplant wat tot vandag toe nog daar staan. ... dat die profeet Mohammed in die gedeeltes van die Koran wat tydens die eerste vyf jaar van sy openbare bediening in Mekka opgeteken is, nie een keer die naam Allah gebruik het nie? In dié tyd het hy na God verwys as "Heer" of "Skepper" (Rabb). ... dat die Kaap Agulhasvuurtoring by Kaap Agulhas wat op 1 Maart 1849 in gebruik geneem is, gebou is volgens die model van die Pharos van Alexandrië, een van die Sewe wonders van die antieke wêreld? ... dat die Honderdjarige Oorlog nie 100 jaar geduur het nie, maar 116 jaar? Daar was periodes van vrede tussenin en dit het geëindig met die verdrywing van Engelse magte uit Frankryk. ... dat Cyril Ramaphosa 'n sleutelrol gespeel het in die stigting van die NUM, 'n vakbond vir mynwerkers? Hy was 'n regsadviseur vir die Raad van Unies van Suid-Afrika met die stigting van die NUM in 1982.
Vandag in die geskiedenis
|
Vind artikels
| |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
Wikipedia in ander tale
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels فارسی | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels Нохчийн • Català • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • تۆرکجه • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • தமிழ் • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • Kreyòl ayisyen • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • Ladin • lombard • മലയാളം • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Kiswahili • Ślůnski • తెలుగు • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|