20 Augustus
Voorkoms
<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
20 Augustus is die 232ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (233ste in skrikkeljare). Daar volg nog 133 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 636 – Arabiese magte onder Khalid bin Walid oorwin die Bisantynse magte tydens die Slag van Yarmuk en verkry beheer oor dele van Sirië en Palestina. Dit is die eerste van die groot Moslem-verowerings en die begin van 'n vinnige uitbreiding van Islam buite Arabië.
- 1429 – Alonso de Borja (later Pous Callixtus III) word biskop van Valencia.
- 1648 – Die Slag van Lens begin. Dit was die laaste veldslag van die Dertigjarige Oorlog.
- 1661 – Pous Alexander VII se Korsikaanse wag vermoor 'n bediende van die Franse ambassadeur in Rome.
- 1672 – Die Nederlandse politikus Johan de Witt en sy broer Cornelis de Witt word deur ondersteuners van die Huis van Oranje vermoor. Die broers word verantwoordelik gehou vir die oorloë tydens die "Rampjaar".
- 1728 – Die Deen Vitus Bering ontdek 'n eiland tussen Rusland en Alaska. Ter ere aan die dag-heilige word die eiland Sint Laurenseiland genoem.
- 1775 – Spaanse setlaars stig die stad Tucson en begin met die bou van 'n vesting.
- 1866 – Die Amerikaanse Burgeroorlog word amptelik beëindig. President Andrew Johnson teken dit so aan in die "Act of 2 March, 1867".
- 1885 – Die sterrrekundige Ernst Hartwig sien die Supernova S Andromedae (SN 1885A) in die Tartu Observatorium in Estland.
- 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Duitse troepe neem die Belgiese hoofstad Brussel in. Op dieselfde dag begin die beleg van Antwerpen wat tot 10 Oktober duur.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Italië verklaar oorlog teen die Osmaanse ryk.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Die Sowjet-Russiese weermag begin Operasie Jassy-Kischinew. Binne enkele dae word Roemenië verower.
- 1946 – Met die uitvaardiging van die "Kontrollratsgesetz Nr. 34" ontbind die Geallieerdes die Duitse Weermag. Die Duitse Weermag het op 8 Mei 1945 gekapituleer.
- 1960 – Senegal word van Frankryk onafhanklik.
- 1977 – Voyager 2 word lanseer.
- 1991 – Estland word van die Sowjetunie onafhanklik.
- 1993 – Statebondwaarnemers kom in Suid-Afrika aan om geweld te monitor.
- 2022 – Misuzulu Zulu word amptelik ingehuldig as Zoeloekoning.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1659 – Henry Every, Engelse seerower, sterf in 1699.
- 1833 – Benjamin Harrison, die drie-en-twintigste President van die Verenigde State († 1901).
- 1853 – Jan Volschenk, Suid-Afrikaanse skilder († 1936).
- 1873 – William Henry Bell, Suid-Afrikaanse komponis († 1946).
- 1909 – André Morell Engelse akteur († 1978)
- 1910 – Eero Saarinen, Fins-Amerikaanse argitek en industriële ontwerper († 1961)
- 1918 – Jacqueline Susann, Amerikaanse aktrise en skrywer († 1974).\
- 1927 – Yootha Joyce, Engelse aktrise († 1980)
- 1932 – Anthony Ainley, Engelse akkteur († 2004)
- 1935 – Ron Paul, Amerikaanse politikus.
- 1941 – Slobodan Milošević, Serwiese politikus en president van Serwië.
- 1942 – Isaac Hayes, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, akteur, pianis, vervaardiger († 2008)
- 1948 – John Noble, Amerikaanse akteur en regisseur.
- 1954 – Al Roker, Amerikaanse nuusaanbieder, vervaardiger en skrywer.
- 1956 – Joan Allen, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1962 – James Marsters, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 1963 – Rudolf Straeuli, Springbokrugbyspeler en -afrigter.
- 1966 – Enrico Letta, Italiaanse prokureur en politikus, 55ste Eerste Minister van Italië.
- 1969 – Billy Gardell, Amerikaanse komediant, akteur, en vervaardiger.
- 1971 – David Walliams, Engelse komediant, akteur en skrywer.
- 1971 – Jonathan Ke Quan, Viëtnamese akteur.
- 1972 – Chaney Kley, Amerikaanse akteur en skrywer († 2007).
- 1974 – Amy Adams, Amerikaanse aktrise en sanger.
- 1974 – Misha Collins, Amerikaanse akteur.
- 1974 – Maxim Vengerov, Israelse violis, altviolis en dirigent.
- 1976 – Kristen Miller, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1983 – Christo Davids, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1983 – Andrew Garfield, Amerikaanse akteur.
- 1985 – Brant Daugherty, Amerikaanse akteur.
- 1990 – Ranomi Kromowidjojo, Nederlandse swemmer.
- 1992 – Demi Lovato, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, aktrise.
- 1995 – Liana Liberato, Amerikaanse TV- en rolprentaktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 984 – Pous Johannes XIV, 136ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1153 – Bernard van Clairvaux, Franse ab en kampvegter vir die kruistogte (* 1090).
- 1823 – Pous Pius VII, 251ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1742).
- 1854 – Friedrich Schelling, Duitse filosoof en hoofproponent van die "Deutsche Idealismus" (* 1775).
- 1905 – Heinrich Bulthaupt, Duitse skrywer (* 1849).
- 1912 – William Booth, stigter en eerste generaal van die Heilsleër (* 1829).
- 1914 – Pous Pius X, 257ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1835).
- 1917 – Adolf von Baeyer, Duitse chemikus en Nobelprys vir Chemie (* 1835
- 1982 – Walter Battiss, Suid-Afrikaanse kunstenaar (* 1906).
- 1984 – M.D.C. de Wet Nel, Suid-Afrikaanse politikus (* 1901).
- 1995 – Maly Delschaft, Duitse aktrise (* 1898).
- 2012 – Phyllis Diller, Amerikaanse aktrise en komediant (* 1917).
- 2017 – Colin Meads, Nieu-Seelandse rugbyspeler (* 1936).
- 2018 – Lerina Erasmus, Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer (* 1946).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 20 August. |