Aurora (mitologie)
Voorkoms
Aurora | |
---|---|
Romeinse godin | |
Aurora, deur Guercino, 1621–1623
| |
Naam | Aurora |
Godin van | die daeraad |
Blyplek | Hemel |
Simbool | Strydwa, saffraan, sonbesie |
Broers, susters | Sol en Luna |
Gade | Astraeus, Tithonus |
Kinders | Anemoi |
Griekse eweknie | Eos |
In die antieke Romeinse mitologie is Aurora die godin van die daeraad. In die Griekse mitologie heet sy Eos.[1] Aurora is die Latynse woord vir dagbreek.
Aurora vernuwe haarself elke oggend met dagbreek en vlieg oor die horison. Sy kondig die koms van die oggend aan. Sy het 'n broer en 'n suster. Haar broer is die son, en haar suster die maan. Sy het ook 'n klomp mans en vier seuns, een vir elke hoofrigting: Noord, Oos, Suid en Wes.
Een van haar minnaars was Tithonus. Aurora het Zeus gevra om Tithonus onsterflikheid te gee. Sy versuim egter om vir ewige jeug te vra. As gevolg hiervan bly Tithonus vir ewig verouder.
Die asteroïde, 94 Aurora, is na haar vernoem.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aurora (mitologie).