Gaan na inhoud

Barnard 68

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Barnard 68
Soort newel Donker (Bok-newel)
Sterrebeeld Slangdraer[1]
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 17h 22m 38.2s [2]
Deklinasie -23° 49′ 34″ [2]
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 500[1]
Skynbare grootte ½ ligjaar
Massa ~M
Ander name
LDN 57
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Barnard 68 is ’n molekulêre wolk, donker of Bok-newel in die rigting van die suidelike sterrebeeld Slangdraer. Dit is sowat 400 ligjare, nog goed in die Melkweg, weg geleë, so naby dat nie ’n enkele ster tussen die newel en die Aarde gesien kan word nie. Die Amerikaanse sterrekundige Edward Emerson Barnard het dit in 1919 in sy katalogus opgeneem.[3]

Vanweë sy ondeursigtigheid is die newel uiters koud in die middel, sowat 16 kelvin (−257 °C). Die massa daarvan is omtrent twee keer dié van die Son en dit is sowat ’n halwe ligjaar breed.[1]

Eienskappe

[wysig | wysig bron]

Al is die newel ondeursigtig, is danksy die Baie Groot Teleskoop vasgestel sowat 3 700 sterre van die Melkweg word daardeur geblokkeer. Van hulle is sowat 1 000 by infrarooigolflengtes sigbaar.[4] Sorgvuldige meting van die graad van blokkering het gelei tot ’n goeie kartering van die stofverspreiding in die wolk.[5][6] Nog noukeuriger waarnemings is gedoen met die Herschel-ruimtesterrewag.[7]

Die ligging van ’n donker wolk in die nabyheid van die Son vergemaklik waarneming en meting aansienlik. As dit nie deur eksterne kragte beïnvloed word nie, is die stabiliteit van ’n stofwolk ’n fyn balans tussen uitwaartse druk wat deur die hitte en druk van die wolk se inhoud veroorsaak word, en die inwaartse swaartekrag. Vir die wolk om ’n ster te word, moet swaartekrag vir lank genoeg die oorhand kry om die wolk te laat instort en ’n temperatuur en digtheid te skep wat kernfusie tot gevolg het.

Barnard 68 se goed gedefinieerde grense en ander eienskappe dui daarop dat dit op die punt is om in te stort en binne die volgende 200 000 jaar of so ’n ster te word.[8]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 "Astronomy Picture of the Day - 11 May 1999 - Barnard 68" (in Engels). Nasa. 11 Mei 1999. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2009. Besoek op 1 Maart 2009.
  2. 2,0 2,1 "SIMBAD Astronomical Database (Barnard 68)". Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Besoek op 1 Maart 2009.
  3. "Astronomy Picture of the Day - 11 May 1999 - Barnard 68". NASA. 11 Mei 1999. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2009. Besoek op 1 Maart 2009.
  4. "The Dark Cloud B68 at Different Wavelengths" (in Engels). European Southern Observatory. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 30 Januarie 2012.
  5. Alves, João; Lada, Charles; Lada, Elizabeth (Maart 2001). "Seeing the light through the dark" (PDF). The Messenger. 103: 15–20. Bibcode:2001Msngr.103....1A.
  6. Alves, João F.; Lada, Charles J.; Lada, Elizabeth A. (Januarie 2001). "Internal structure of a cold dark molecular cloud inferred from the extinction of background starlight". Nature. 409 (6817): 159–161. Bibcode:2001Natur.409..159A. doi:10.1038/35051509. PMID 11196632.
  7. Nielbock, Markus; Launhardt, Ralf; Steinacker, Jürgen; et al. (Augustus 2012). "The Earliest Phases of Star formation observed with Herschel (EPoS): The dust temperature and density distributions of B68". Astronomy and Astrophysics. 547: A11. arXiv:1208.4512. Bibcode:2012A&A...547A..11N. doi:10.1051/0004-6361/201219139.
  8. Burkert, Andreas; Alves, João (2009). "The Inevitable Future Of The Starless Core Barnard 68". The Astrophysical Journal. 695 (2): 1308–1314. arXiv:0809.1457. Bibcode:2009ApJ...695.1308B. doi:10.1088/0004-637X/695/2/1308. ISSN 0004-637X.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]