Konvensie op Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora
Voorkoms
(Aangestuur vanaf CITES)
Die Konvensie op Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora (CITES – Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora) is 'n internasionale organisasie wat hom beywer om te verseker dat die handel in diere en plante nie die oorlewing van spesies bedreig nie.
CITES 1
[wysig | wysig bron]Die lys vereis dat daar 'n invoerpermit moet wees van die land waarheen die dier of gedeeltes van die dier uitgevoer word en dat daar 'n uitvoerpermit moet wees van die land van oorsprong.
Suid-Afrikaanse diere op hierdie lys is:
- Luiperd
- Swartpootkat
- Jagluiperd
- Kaapse bergkwagga/Berg-sebra
CITES 2
[wysig | wysig bron]Die lys vereis dat vir die dier of gedeeltes van die dier daar 'n uitvoerpermit moet wees.
Suid-Afrikaanse diere op hierdie lys is:
- Alle Primate
- Kleinotter
- Groototter
- Rooikat
- Tierboskat
- Vaalboskat
- Leeu
- Blouduiker
- Hartmannse bergkwagga/Sebra
- Rooilechwe/Basterwaterbok
- Alle Likkewane
- Afrika Luislang
- Mahem
- Olifant
- Seekoei
- Bruin hiëna/Strandjut
- Witrenoster (slegs SA bevolking)
- Ietermagog
- Bontebok
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Wet op Omgewingsbestuur van Limpopo No 3 van 2003 (Woordomskrywings)