Gaan na inhoud

Iwan II van Moskou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Iwan II
Prins van Moskou
Grootprins van Wladimir

Periode 1353–1359
Voorganger Semjon I van Moskou
Opvolger Dmitri Donskoi
Huis Rjoerik
Vader Iwan I van Moskou
Gebore 30 Maart 1326
Oorlede 13 November 1359

Iwan II of Iwan die Mooie (Russies: Иван II Иванович Красный; 30 Maart 132613 November 1359) was die tweede seun van Iwan Katila. Hy het sy broer Semjon die Trotse in 1353 opgevolg as prins van Moskou en grootprins van Wladimir nadat dié aan die Swart Dood gesterf het.

Bewind

[wysig | wysig bron]

Nadat hy sy broer opgevolg het, het Iwan dit vir ’n kort rukkie oorweeg om sy rug te keer op die Goue Horde en sy steun aan Litaue, ’n groeiende mag in die Weste, toe te sê vanweë toenemende onmin in die Horde. Hy het die idee egter gou laat vaar en die Horde gesteun.[1]

Tydgenote het Iwan beskryf as ’n apatiese, pasifistiese heerser wat nie eens ’n oog geknip het toe Algirdas van Litaue sy skoonpa se hoofstad, Briansk, verower het nie.[2] Hy was ook nie so suksesvol soos sy pa of oupa om sy gebied uit te brei nie. Hy het egter gebiede suidwes van Moskou geannekseer, onder meer Borofsk en Wereja.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Janet Martin (1995). Medieval Russia, 980-1584. Cambridge University Press. ISBN 0-521-36832-4.
  2. Alfred Rambaud, Edgar Saltus (1902). Russia. P. F. Collier & Son. pp. 146, 147. [1]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]