Gaan na inhoud

James David Vance

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
James David Vance (2023)

James David Vance (gebore James Donald Bowman; 2 Augustus 1984) is 'n Amerikaanse skrywer, waagkapitalis, politikus en voormalige Amerikaanse Marinier wat sedert 2023 as die junior Amerikaanse senator van Ohio dien. Hy is 'n lid van die Republikeinse Party, en is die party se genomineerde vir die posisie van visepresident in die 2024-verkiesing.[1][2][3] Hy is die eerste vise-presidentskandidaat wat in die Amerikaanse Marinierskorps gedien het, sowel as die eerste millenniër.[4]

Vance is gebore in Middletown, Ohio, en het in die Marinierskorps gedien en die Ohio State University bygewoon en in 2009 gegradueer. Hy het in 2013 aan die Yale Law School gegradueer.[5] Hy het prominensie verkry met sy 2016-memoir, Hillbilly Elegy, wat sy opvoeding in die Rust Belt, armoede, dwelmverslawing en Appalachiese-kultuur beskryf. Dit het 'n New York Times-topverkoper geword en is later vir film verwerk. Dit het aansienlike aandag van die pers getrek tydens die 2016 Amerikaanse presidentsverkiesing.[6] Vance het die Demokratiese genomineerde Tim Ryan in die 2022 Amerikaanse Senaatsverkiesing in Ohio verslaan. Hy was aanvanklik gekant teen Donald Trump se kandidatuur in die 2016-verkiesing, maar het uiteindelik 'n sterk ondersteuner geword. In Julie 2024 het Trump Vance as sy visie-presidentskansidaat in die 2024 presidensiële verkiesing gekies, en hy is amptelik op 15 Julie tydens die Republikeinse Nasionale Konvensie genomineer.

Gedurende sy tyd in die Senaat is Vance beskryf as 'n neoreaksionêr,[7] nasionale konserwatief[8] en 'n regse populis.[8] Hy het Curtis Yarvin, Rod Dreher, Patrick Deneen, René Girard en Yoram Hazony aangehaal as invloede op sy politieke en godsdienstige oortuigings.[8] [9][10][11][12] In die verlede het hy gesê dat hy dalk 'n aborsieverbod van 15 weke kan ondersteun, met uitsonderings vir verkragting, bloedskande of bedreigings vir die gesondheid van die moeder, en het onlangs sy standpunt bekend gemaak dat aborsiewetgewing aan die state oorgelaat moet word.[13] Hy is persoonlik gekant teen selfdegeslaghuwelike, alhoewel hy gesê het hy wil nie die debat heropen nie.[14] Hy is ten gunste van die verbod op pornografie.[15] Vance word beskou as 'n andersdenkende wat betref die Republikeinse ortodokse siening van die ekonomie. Hy ondersteun verhogings vir sekere belastings op universiteitsskenkings en korporatiewe samesmeltings, en is ten gunste van 'n minimum loon, vakbondorganisasies, tariewe, antitrustbeleid, en is fel teen voortgesette Amerikaanse militêre hulp aan die Oekraïne gekant.[16][17][18][19]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Ohio Sen. JD Vance announced as Donald Trump's 2024 vice presidential running mate". USA Today. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Julie 2024. Besoek op 15 Julie 2024.
  2. Alison Main. "Trump selects Ohio Sen. JD Vance as his running mate". CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Julie 2024. Besoek op 15 Julie 2024.
  3. Astor, Maggie (15 Julie 2024). "What to Know About J.D. Vance, Trump's Running Mate". The New York Times. ISSN 0362-4331. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Julie 2024. Besoek op 15 Julie 2024.
  4. Kornfield, Meryl and LeVine, Marianne. "Trump chooses Sen. J.D. Vance, a former critic, as his vice-presidential pick", The Washington Post, 15 Julie 2024. Besoek 16 Julie 2024.
  5. Die bewering deur Lt. Gov Jon Husted by die Republikeinse Nasionale Konvensie dat Vance 'n graad "summa cum laude" by Yale Law School verwerf het, is vals. So 'n graad bestaan nie "YALE LAW SCHOOL | P.O. Box 208215 | New Haven, CT 06520 | EXPLANATION OF GRADING SYSTEM | Beginning September 2015 to date" (PDF). 1 Oktober 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 1 Oktober 2023.
  6. "6 Books to Help Understand Trump's Win". The New York Times. 9 November 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2021. Besoek op 13 April 2021.
  7. Baxter, Sarah (15 Julie 2024). "The rise of JD Vance – from hillbilly to Capitol Hill". New Statesman. Besoek op 16 Julie 2024. Vance het deel geword van 'n opkomende Nuwe Regse kring van politici en denkers wat 'n neoreaksionêre (of 'NRx') vorm van politiek omhels het.
  8. 8,0 8,1 8,2 van Zuylen-Wood, Simon (4 Januarie 2022). "The radicalization of J.D. Vance". The Washington Post. Besoek op 16 Julie 2024.
  9. Beauchamp, Zack (15 Julie 2024). "What J.D. Vance really believes". Vox. Besoek op 16 Julie 2024.
  10. Ward, Ian (15 Julie 2024). "55 Things to Know About J.D. Vance, Trump's VP Pick". Politico. Besoek op 15 Julie 2024.
  11. Prokop, Andrew (24 Oktober 2022). "Curtis Yarvin wants American democracy toppled. He has some prominent Republican fans". Vox. Besoek op 16 Julie 2024.
  12. Kassel, Matthew (9 September 2021). "J.D. Vance on Trump, Israel and his chosen faith". Jewish Insider. Besoek op 16 Julie 2024.
  13. Hulsey, Lynn. "6 takeaways from U.S. Senate candidate debate between Tim Ryan and J.D. Vance". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2022. Besoek op 10 Oktober 2022.
  14. Ward, Ian (15 Julie 2024). "55 Things to Know About J.D. Vance, Trump's VP Pick". Politico. Besoek op 16 Julie 2024.
  15. BeMiller, Haley. "In Ohio's U.S. Senate race, J.D. Vance declares war on behalf of nuclear family". The Enquirer. Besoek op 16 Julie 2024.
  16. Staff (15 Julie 2024). "Bash the banks, maybe raise taxes: Inside Vance's policy agenda". Politico. Besoek op 16 Julie 2024.
  17. Writer, Andrew Stanton Weekend Staff (15 Julie 2024). "JD Vance eyes shift in Republican Party". Newsweek. Besoek op 16 Julie 2024.
  18. Stein, Jeff (15 Julie 2024). "J.D. Vance pick unnerves GOP's business elite, thrills populists". The Washington Post. ISSN 0190-8286. Besoek op 16 Julie 2024.
  19. Arnsdorf, Isaac; Dawsey, Josh; LeVine, Marianne (16 Julie 2024). "How Trump got to 'yes' on Vance". Washington Post. ISSN 0190-8286. Besoek op 16 Julie 2024. Groot Republikeinse skenkers is teen Vance gekant omdat hulle sy neiging tot ekonomiese populisme as vyandig beskou het teenoor hul model van klein-regering, vryemark-konserwatisme.