Milnerton
Milnerton | |
---|---|
Voorstad | |
Tafelberg soos gesien vanaf Milnerton | |
Koördinate: 33°52′0″S 18°30′0″O / 33.86667°S 18.50000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Metropolitaanse Munisipaliteit | Kaapstad |
Stigting | 1898 |
Oppervlak | |
• Totaal | 43,70 km2 (16,87 vk. myl) |
Hoogte | 12 m (39 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 95 630 |
• Digtheid | 730/km2 (2 200/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 7441 |
Skakelkodes | 021 |
Milnerton is 'n noordelike voorstad van Kaapstad, genoem na sir Alfred Milner. Die dorp is 11 km vanaf Kaapstad se middestad. Die voorstad het 'n bevolking van 95 630 in 2011 gehad. Dit is in 1898 gestig en het 'n munisipaliteit geword in 1955.
Die Milnerton-vuurtoring is 'n vuurtoring aan die Atlantiese Oseaan wat skepe waarsku wat Tafelbaai wil binnegaan.
Plaaslike bestuur
[wysig | wysig bron]Milnerton was 'n munisipaliteit van 1955 tot 1996; deel van die Blaauwberg-oorgangsmunisipaliteit van 1996 to 2000; en is sedert 2000 deel van die Kaapstadse metropool.
Wapen
[wysig | wysig bron]Milnerton se munisipale raad het in 1963 'n wapen aangeneem. Dit is later by die Kaapse Provinsiale Administrasie (in 1966) en die Buro vir Heraldiek (in 1968) geregistreer : Ingeboe kepersgewys verdeel van goud, belaai met twee rooi perdeysters, en golwend gedwarsbalk van blou en silwer van agt stukke. Die helmteken was 'n uitkomende rooi perd, en die wapenspreuk "Per mare per terram". [1][2] Dr. Cornelis Pama het die wapen ontwerp.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Kaap die Goeie Hoop Offisiële Koerant 3332 (18 Februarie 1966).
- ↑ National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry.