Olimpiese Somerspele 1980
Spele van die XXIIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1980 (Russies: И́гры XXII Олимпиа́ды, tr. Igry XXII Olimpiady), amptelik bekend as die Spele van die XXIIste Olimpiade, is tussen 19 Julie en 3 Augustus 1980 in Moskou, Sowjetunie, aangebied. Die enigste ander kandidaatstad vir die Spele was Los Angeles.
Die beslissing om die Spele aan Moskou toe te ken is deur die Internasionale Olimpiese Komitee in Oktober 1974 gemaak. Om die universaliteit van die Olimpiese Somerspele te onderstreep wou hulle dit aan 'n sosialistiese land toeken. Moskou, wat toe al oor heelwat sportinfrastruktuur beskik het, het perfek in die prentjie gepas.
As gevolg van 'n Amerikaans geleide boikot op inisiatief van president Jimmy Carter weens die Sowjetse inval in Afghanistan neem slegs 80 lande deel, die laagste getal lande sedert die Spele van 1956. Hierdie boikot is deur die Oosblok in 1984 beantwoord toe die meeste sosialistiese lande nie aan die Spele van 1984 in Los Angeles deelneem nie.
Die Olimpiese Winterspele 1980 is in Lake Placid, Verenigde State, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1980 is tussen 21 en 30 Junie in Arnhem en Veenendaal, Nederland, gehou.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Moskou is op 23 Oktober 1974 in Wene deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1980. Die enigste ander kandidaat was Los Angeles. Los Angeles sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Somerspele 1984 word.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1980[4] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | ||||
Moskou | Sowjetunie | 39 | ||||
Los Angeles | Verenigde State | 20 |
Sporte
[wysig | wysig bron]21 Olimpiese sportsoorte in 203 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 204 goue medaljes oorhandig.
- Atletiek (38)
- Basketbal (2)
- Boks (11)
- Boogskiet (2)
- Fietsry
- Baan (4)
- Pad (2)
- Gewigoptel (10)
- Gimnastiek (14)
- Handbal (2)
- Judo (8)
- Kanovaart (11)
- Moderne vyfkamp (2)
- Roei (14)
- Ruitersport
- Dressuur (2)
- Driefasekompetisie (2)
- Spring (2)
- Seilvaart (6)
- Skermsport (8)
- Skyfskiet (7)
- Sokker (1)
- Stoei
- Grieks-Romeins (10)
- Vrystyl (10)
- Veldhokkie (2)
- Vlugbal (2)
- Watersport
Stadions
[wysig | wysig bron]28 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1980 gebruik:
Sentrale Leninstadion-gebied
[wysig | wysig bron]Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Druzhba Veeldoelige Arena | Vlugbal | 3 900 |
Luzhnikistadion | Atletiek, Ruitersport (individuele spring), Sokker (eindstryd), seremonies (opening/sluiting) | 91 251 |
Minor Arena | Vlugbal (eindstryd) | 8 512 |
Olimpiese swembad | Waterpolo | 10 500 |
Sportpaleis | Gimnastiek, Judo | 13 766 |
Strate van Moskou | Atletiek (20 km/50 km-loop, maraton) | Nie gelys nie |
Olimpiese Sportkompleks
[wysig | wysig bron]Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Olimpiese Stadion Moskou | Basketbal (eindstryd), Boks | 33 970 |
Olimpiese swembad | Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo (eindstryd) | 13 000 |
CSKA Gebied
[wysig | wysig bron]Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
CSKA Sportkompleks | Skermsport, Stoei, Moderne vyfkamp (skermsport) | 8 500 |
CSKA Sportpaleis | Basketbal | 5 500 |
Dinamostadion
[wysig | wysig bron]Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Dinamostadion | Sokker | 50 475 |
Dinamo Sentrale Stadion | Veldhokkie | 8 000 |
Dinamo Sportpaleis | Handbal | 5 000 |
Krylatskoje Park
[wysig | wysig bron]Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Krylatskoje Sportkompleks Boogskietveld | Boogskiet | 3 000 |
Krylatskoje Sportkompleks Kano- en Roeibekken | Kanovaart, Roei | 21 600 |
Krylatskoje Sportkompleks Fietsrybaan | Fietsry (individuele padwedloop) | 4 000 |
Krylatskoje Sportkompleks Velodrome | Fietsry (baan) | 6 000 |
Ander sportplekke in Moskou
[wysig | wysig bron]Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Vakbonde se perdekompleks | Ruitersport (alle gebeure behalwe vir die individuele spring), Moderne vyfkamp (perdry, hardloop) | 12 000 (spring) 3 000 (dressuur) 2 000 (binnenshuise arena) 400 (uithouvermoë) |
Jong Pioniersstadion | Veldhokkie (eindstryd) | 5 000 |
Dinamo Skietbaan | Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet | 2 330 |
Izmailowo Sportpaleis | Gewigoptel | 5 000 |
Sokolniki Sportpaleis | Handbal (eindstryd) | 6 800 |
Sokkerstadions
[wysig | wysig bron]Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Dinama-stadion (Minsk) | Sokker | 50 125 |
Kirofstadion (Leningrad) | Sokker | 74 000 |
Republikeinse stadion (Kiëf) | Sokker | 100 169 |
Buite Moskou
[wysig | wysig bron]Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Moskou-Minsk grootpad | Fietsry (padspan tydtoets) | 1 800 |
Olimpiese Regatta in Tallinn | Seilvaart | Nie gelys nie |
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Datum | Julie | Augustus | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
19 Sa |
20 So |
21 Ma |
22 Di |
23 Wo |
24 Do |
25 Vr |
26 Sa |
27 So |
28 Ma |
29 Di |
30 Wo |
31 Do |
1 Vr |
2 Sa |
3 So | |
Atletiek | 3 | 3 | 5 | 4 | 5 | 5 | 3 | 10 | ||||||||
Basketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | |||||
Boks | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 11 | |||
Boogskiet | ● | ● | ● | 2 | ||||||||||||
Fietsry | 1 | 1 | ● | 1 | ● | 2 | 1 | |||||||||
Gewigoptel | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | ||||||
Gimnastiek | ● | ● | 1 | 1 | 2 | 10 | ||||||||||
Handbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | |||||
Judo | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | ||||||||
Kanovaart | ● | ● | 6 | 5 | ||||||||||||
Moderne vyfkamp | ● | ● | ● | ● | 2 | |||||||||||
Roei | ● | ● | ● | ● | ● | 6 | 8 | |||||||||
Ruitersport | ● | ● | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | |||||||||
Seilvaart | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 6 | |||||||||
Sierduik | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | ||||||||
Skermsport | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | ● | 1 | ||||||
Skyfskiet | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | |||||||||
Sokker | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ||||||
Stoei | ● | ● | 3 | 3 | 4 | ● | ● | 3 | 3 | 4' | ||||||
Swem | 2 | 4 | 3 | 4 | 4 | 4 | 5 | |||||||||
Veldhokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ● | 1 | |||||
Vlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ● | 1 | ||||
Waterpolo | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ||||||||
Totaal | 0 | 5 | 7 | 10 | 12 | 19 | 15 | 22 | 22 | 10 | 16 | 14 | 11 | 19 | 20 | 1 |
Seremonies | OS | SS | ||||||||||||||
Datum | 19 Sa |
20 So |
21 Ma |
22 Di |
23 Wo |
24 Do |
25 Vr |
26 Sa |
27 So |
28 Ma |
29 Di |
30 Wo |
31 Do |
1 Vr |
2 Sa |
3 So |
Julie | Augustus |
Deelnemende nasies
[wysig | wysig bron]Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
- Afghanistan (11)
- Algerië (59)
- Andorra (2)
- Angola (13)
- Australië (126)
- België (61)
- Benin (17)
- Botswana (7)
- Brasilië (109)
- Bulgarye (295)
- Colombia (23)
- Costa Rica (30)
- Denemarke (63)
- Dominikaanse Republiek (6)
- Ecuador (11)
- Ethiopië (41)
- Finland (124)
- Frankryk (125)
- Griekeland (42)
- Guatemala (10)
- Guinee (9)
- Guyana (8)
- Hongarye (279)
- Ierland (48)
- Indië (74)
- Irak (44)
- Italië (163)
- Jamaika (18)
- Joego-Slawië (162)
- Jordanië (4)
- Kameroen (26)
- Koeweit (58)
- Kongo (23)
- Kuba (216)
- Laos (19)
- Lesotho (5)
- Libanon (17)
- Libië (32)
- Luxemburg (3)
- Madagaskar (11)
- Mali (7)
- Malta (8)
- Meksiko (45)
- Mianmar (2)
- Mongolië (43)
- Mosambiek (14)
- Nederland (86)
- Nepal (11)
- Nicaragua (5)
- Nieu-Seeland (4)
- Nigerië (44)
- Noord-Korea (50)
- Oos-Duitsland (362)
- Oostenryk (89)
- Peru (30)
- Pole (320)
- Portugal (11)
- Puerto Rico (3)
- Roemenië (243)
- San Marino (17)
- Senegal (32)
- Seychelle (11)
- Sierra Leone (14)
- Siprus (14)
- Sirië (69)
- Sowjetunie (506)
- Spanje (159)
- Sri Lanka (4)
- Swede (148)
- Switserland (84)
- Tanzanië (41)
- Trinidad en Tobago (9)
- Tsjeggo-Slowakye (216)
- Uganda (13)
- Venezuela (38)
- Verenigde Koninkryk (231)
- Viëtnam (30)
- Ysland (9)
- Zambië (40)
- Zimbabwe (46)
Getal medaljes
[wysig | wysig bron]Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Sowjetunie (URS) | 506 | 80 | 69 | 46 | 195 |
2 | Oos-Duitsland (GDR) | 362 | 47 | 37 | 42 | 126 |
3 | Bulgarye (BUL) | 295 | 8 | 16 | 17 | 41 |
4 | Kuba (CUB) | 216 | 8 | 7 | 5 | 20 |
5 | Italië (ITA) | 163 | 8 | 3 | 4 | 15 |
6 | Hongarye (HUN) | 279 | 7 | 10 | 15 | 32 |
7 | Roemenië (ROU) | 243 | 6 | 6 | 13 | 25 |
8 | Frankryk (FRA) | 125 | 6 | 5 | 3 | 14 |
9 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 231 | 5 | 7 | 9 | 21 |
10 | Pole (POL) | 320 | 3 | 14 | 15 | 32 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
- ↑ (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 5 Maart 2018.
- ↑ (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
- ↑ (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 5 Maart 2018.
Bronne
[wysig | wysig bron]- (en) Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1980 – Band 1
- (en) Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1980 – Band 2, deel 1
- (en) Amptelike verslag van die Olimpiese Somerspele 1980 – Band 2, deel 2
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
- (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
- (de) Volker Kluge (2000). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 3. Mexiko Stadt 1968 – Los Angeles 1984. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00741-5.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Somerspele 1980. |
- (en) Moscow 1980 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
- (en) Olympics 1964 to 1980
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |