Pous Theodorus II
Pous Theodorus II | |
---|---|
Pontifikaat begin | November 897 |
Pontifikaat eindig | Desember 897 |
Voorganger | Romanus |
Opvolger | Johannes IX |
Gebore | 840 Konstantinopel |
Sterf | Desember 897 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Theodorus |
Theodorus II was die 115de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie
[wysig | wysig bron]Pous Theodorus II is in 840 gebore in Konstantinopel (Rome volgens BBKL en PTA), die seun van (Patriarg ?) Photius. Hy word priester gewy deur Pous Stefanus V. Sy broer Theotius was 'n biskop. In November 897 volg hy Pous Romanus op en regeer tot sy dood in Desember 897. Hy word opgevolg deur Pous Johannes IX. Die naam ‘Theodorus’ beteken 'gawe van God'.
Pontifikaat
[wysig | wysig bron]Pous Theodorus II het slegs 20 dae regeer gedurende Desember 897. Hy het Pous Formosus gerehabiliteer en al die wydinge wat deur Formosus uitgevoer is weer geldig verklaar. Hy het die liggaam van Formosus wat in die Tiber-rivier gegooi is en by Porto weer uitgehaal is, laat herbegrawe in die Sint Pieterskerk.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0300091656
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0500017980.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Nota
[wysig | wysig bron]Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
[wysig | wysig bron]Voorafgegaan deur Romanus |
Pous (Pontifex Maximus) 897 – 897 |
Opgevolg deur Johannes IX |