R102 (Suid-Afrika)
Streeksroete R102 | ||||
---|---|---|---|---|
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
Die R102 is 'n streeksroete in Suid-Afrika. Dit is 'n diskontinue roete wat uit padsegmente bestaan wat voorheen deel was van die N2-nasionale pad.
KwaZulu-Natal
[wysig | wysig bron]Die R102 in KwaZulu-Natal begin by die aansluiting van die N2 en die R61-streeksroete in die suide van Port Shepstone en loop noord, dwarsdeur Durban totdat dit noordwes van Richardsbaai weer by die N2 aansluit.
Wes-Kaap
[wysig | wysig bron]Die R102 begin in die Wes-Kaap in Soutrivier as Voortrekkerweg. In Stikland word dit Strandweg en in Kuilsrivier word dit Van Riebeeckweg. Vanaf Faure word en bly dit Ou Hoofweg totdat dit in Somerset-Wes by die N2 aansluit. Die R102 begin dan weer in Mosselbaai waar dit van die N2 aftak en deur die stad en tot in Hartenbos as Louis Fourieweg loop. Dit eindig in George en begin weer in Nature's Valley waar dit van die N2 aftak. Dit sluit wes van Stormsrivier weer by die N2 aan.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Sellick, W.S.J. (1904). Uitenhage, past and present : souvenir of the Centenary, 1804-1904. pp. 186, 187.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met R102. |